Dis mos nou ’n pragtige prentjie – ’n gesin wat om ’n tafel sit en salig aan kitskos wegle^: gebraaide hoender, burgers en tjips en bottels koeldrank om dit mee af te sluk. Net jammer dis so ongesond dat jy letterlik daarvan kan sterf.

Kitskos is meestal gelaai met ongesonde vet en sout en is ’n vername oorsaak van vetsug, met al die gesondheidsgevare wat daarmee saamgaan.

In Suid-Afrika is meer as 29 persent van mans en 56 persent van vroue oorgewig of vetsugtig en 17 persent van kinders oorgewig, volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad.

Kitskos is ook ’n belangrike bydraer tot wat medici die tikkende diabetes tydbom noem – ’n we^reldwye toename in diabeteslyers weens verkeerde eetgewoontes.

Terselfdertyd het die kits- kosplekke se inkomste die afgelope jaar met 10 persent gegroei, blyk uit ’n opname van Statistiek Suid-Afrika oor die kos-en- drankbedryf.

“Namate mense a´l meer steun op wegneemkos, neem die gemiddelde gewig van die bevolking toe en verhoog die sterfte-risiko,” se^ Justine Aginsky, ’n dieetkundige van Gauteng.

Kitskosetes is in die algemeen ongebalanseerd, met die meeste mense wat brood, tjips, pizza, verwerkte vleis, kaas en allerlei gebraaide kosse kies, se^ sy.

Dit het gewoonlik min vessel en baie sout, wat die risiko vir hoe¨ bloeddruk, hartsiektes, suikersiekte, kanker en beroertes verhoog.

Skrik dit ons af van Nando’s en Wimpy? Nie maklik nie. Daarom het ons die gesondste keuses by gewilde kitskoswinkels gaan soek en ons kenners, Justine en haar mededieetkundige Lisa Raleigh, afrigter op die TV-program The Biggest Loser, gevra wat hulle daarvan dink.

Wenk: Jy behoort gemiddeld nie meer as een keer per week tot een keer elke twee weke kitskos te eet nie – en dan net ’n gesonde keuse

Riglyne oor die daaglikse inname van kilojoules, vet en sout

’n Ongesonde kitskosmaaltyd is ongesond omdat dit baie kilojoules, vet en sout bevat. Hier is riglyne oor wat mense met ’n gemiddelde gewig in hul daaglikse dieet moet inneem. Gebruik dit wanneer jy die inhoud van die kitskosetes op die volgende lys vergelyk.

Screen Shot 2014-02-02 at 3.41.04 PM

Het jy geweet?

Volwassenes en kinders ontwikkel ’n groot dors weens die hoe¨ soutinhoud van kitskosse en is dan geneig om baie suiker-ryke koeldranke daarby te drink.

Gesondste wegneemkeuses

Screen Shot 2014-02-02 at 3.43.54 PM Screen Shot 2014-02-02 at 3.43.10 PM

- Kim van Reizig

- Ekstra bronne: www.helpguide.org, www.health24.com