• Die video vir Professional Griefers is glo die duurste electro-musiekvideo nog en en die inspirasie was Deadmau5 se liefde vir outydse videospeletjies.
  • Sy ouers het hom as kind klavierlesse laat neem en hy het dit gehaat. “My kop is vol klassieke musiek geprop. Ek was daardie rebelse outjie wat nooit daarna geluister het nie.”
  • Hy het sy verhoognaam gekry nadat hy ’n dooie muis in sy rekenaar ontdek het.
  • Die tatoe-kunstenaar en werklikheidstelevisiester Kat Von D, wat aan Sandra Bullock se eks, Jesse James verloof was, is sy meisie.
  • Jy kry hom nie sommer op die dansvloer nie. “My idee van hel is om in die middel van ’n skare van 80 000 te wees. Ek hou daarvan om te kyk hoe ander mense hulle geniet.”

BRONNE: WIKIPEDIA.ORG, residentadvisor.net, http://kroq.cbslocal.com