Sy naam is die Oorlogskip.

Hy’s blou en blink en woes, en as hy eers begin musiek maak, weet jy nooit wat volgende gaan gebeur nie . . .

Een keer het hy van die verhoog af dwarsoor die gehoor se koppe gevlieg en toe hy grond vat in diep modder versink.

Dit klink soos iets uit ’n fliek, maar dis die reine waarheid. En die Oorlogskip is ’n kitaar – een van Ray Dylan se vele. En hy het regtig met een van Ray se optredes van die verhoog af gevlieg.

“Dit het my ’n week gekos om hom skoon te maak,’’ vertel Ray. “Ons noem hom die Oorlogskip, want hy’s ’n astrante kitaar. As ek hom op die verhoog het, gaan dit rof.’’

Hier waar die Oorlogskip in Ray se voorportaal tussen al sy ander kitare pryk, lyk dit of botter nie in sy kitaarbek kan smelt nie.

Maar miskien gedra hy hom net omdat hy die enigste manlike kitaar tussen soveel oulike doediekitare is.

“Die Oorlogskip is my enigste mannetjieskitaar,’’ sê Ray. “Die ander is almal vroue.”

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo. 

Volg  Huisgenoot op Twitter.