’n Amerikaanse man het ’n doodskis met ’n geraamte in vir sowat R120 000 probeer verkoop.  Dave Burgstrum het die kis op Craiglist geadverteer in ’n poging om geld te maak. Maar die polisie het die bisarre aanbod gesien en die kis gekonfiskeer, want dis onwettig om ’n lyk te verkoop. Maar Dave hou vol hy weet nie hoe die beendere in die doodskis beland het nie. Die kis dateer uit die 1900’s.