n Hofbevel wat drie jaar lank van krag sal wees is teen Kirsten Dunst se bekruiper ingestel.

Jean Christophe Prudhon, ‘n 51-jarige aanhanger, wat glo al verskeie kere na die VSA gevlieg het net om buite Dunst se huis te sit, het in Desember ‘n tydelike hofbevel gekry.

Nietemin het ‘n regter in Los Angeles Maandag beslis dat Prudhon vir die volgende drie jaar minstens 91 m van die 29-jarige aktrise moet bly, het TMZ.com berig.

Volgens hofdokumente word Dunst se ma ook deur die bevel beskerm nadat hy haar onlangs gekontak het om by die aktrise te probeer uitkom.

-Nuus24

Volg Huisgenoot op Twitter.