Die vrou van die sogenaamde monster van Springs is Dinsdagmiddag op ’n klag van regsverydeling in hegtenis geneem berig Beeld.

Volgens Beeld gaan sy nou saam met haar man verhoor word op aanklagte van kindermishandeling, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die verwikkeling het plaasgevind nadat sy Dinsdag uit die bloute geweier het om teen haar man in die hof te getuig. Beeld berig verder dat sy ook geweier het om ’n verklaring te onderteken wat sy vroeër oor die gebeure by haar huis afgelê het.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het glo die ondersoekbeampte beveel om die 35-jarige vrou in hegtenis te neem nadat sy nie langer met hulle wou saamwerk nie.

LEES MEER HIER

Bron: Beeld.com