’n Kind wat ewe skielik koorsig is kan enige ma vreesbevangelaat. Wanneer moet jy dokter toe jaag en wanneer is dit net ’ndoodgewone kindersiekte? Ons vertel jou alles wat jy moet weet oor skarlakenkoors en klierkoors in hierdie derde artikel in ’n reeks van ses oor kindersiektes.

Skarlakenkoors

  • Skarlakenkoors word deur sekere vorms van diestreptokokkus-bakterie veroorsaak. Dit kom gewoonlik onderkinders jonger as vier jaar voor.
  • Die kind kla gewoonlik skielik oor ‘n seer keel, hoofpyn enmaagpyn en het ‘n hoë koors.
  • ‘n Uitslag verskyn ná twee tot drie dae, eers in die armholtesen lieste en dan oor die liggaam en ledemate.
  • Die velvoue is ‘n donkerder rooi. Die wange is rooi en daar isbleekheid om die mond. Die tong is eers met ‘n wit lagiebedek en word later aarbeirooi.
  • Die kliere in die nek is gevoelig en vergroot.
  • Sonder behandeling verminder die koors ná ongeveer tien dae. Die gesig, lyf en veral die hande en voete dop liggies af. ‘nAntibiotikum is noodsaaklik om die besmetting uit te wis, en die eerste keuse is steeds penisillien – per inspuiting,mondeliks, en in ernstige gevalle binneaars.
  • ‘n Kind wat allergies vir penisillien is, moet eritromisienontvang. Parasetamol verlig die keelseer en verminder diekoors.
  • Skarlakenkoors kan ‘n gevaarlike siekte wees, al word ditdeesdae as minder ernstig beskou. Moontlike komplikasiessluit in mangel-abses, sinusitis en oorinfeksie, nierontstekingen rumatiekkoors.
  • Die kind moet van ander kinders weggehou word tot dieuitslag verdwyn.
  • ‘n Seer keel gevolg deur ‘n uitslag en ‘n tong wat eers wit endan aarbeirooi is, is kenmerkend van skarlakenkoors.
  • Het jy geweet? ‘n Kind met skarlakenkoors kanrumatiekkoors ontwikkel

Klierkoors (aansteeklike mononukleose)

  • Dit kom gewoonlik onder ouer kinders voor – selde onderkinders jonger as tien. ‘n Ernstige keelinfeksie met koors is die algemeenste simptoom.
  • In die meeste gevalle behels dit die algemene vergroting vanlimfkliere in die nek, armholtes en lieste. Ander moontlikesimptome is swelling om die oë, maagpyn (te wyte aanvergroting van die milt en lewer) en geelsug in enkele gevalle.
  • Sowat 10 persent kry ‘n kollerige rooi uitslag. Kinders watmet die antibiotikum ampisillien of een van sy variantebehandel is, kry ‘n uitgebreide algemene uitslag.
  • Die oorsaak is die Epstein-Barr-virus. Hierdie virusveroorsaak slegs nie-ernstige, ongespesifi seerde siektes onderjonger kinders – of glad geen simptome nie.
  • Daar is geen spesifieke behandeling nie en veral antibiotikamoet nie gegee word nie. Ampisillien moet dus nooit aan ‘n kind met ‘n seer keel gegee word nie, ingeval die kind dalkklierkoors het.
  • Hoewel meestal nie-ernstig en selfbeperkend, is dit ‘nonvoorspelbare siekte met ‘n aantal moontlike komplikasies.
  • Raadpleeg ‘n dokter indien dié toestand vermoed word.
  • Geswelde kliere in die nek, oksels en lieste, seer keel en koorsis die belangrikste eerste tekens van klierkoors.

Belangrik

Lees ook die eerste artikel in ons reeks oor wat om te doen asjou kind koorsig is en wanneer jy beslis by ’n dokter moetuitkom.

Ander kindersiektes:

  • Kliek hier vir meer oor masels en babamasels.
  • Kliek hier vir meer oor Duitse masels en klap-op-die-wang-siekte.
  • Kliek hier vir meer oor Kawasaki-siekte en meningokokkus-infeksie
  • Kliek hier vir meer oor waterpokkies en gordelroos.
  • Kliek hier vir meer oor koorsblare en hand-voet-mond-siekte.