Ons vertel jou alles wat jy moet weet oor die twaalf kinderuitslagsiektes wat met koors gepaard gaan in hierdie reeks van ses artikels.

Duitse masels (rubella)

Duitse masels kom meestal onder skoolgaande kinders voor. By jonger kinders kan die siekte ongemerk verbygaan.

Koors is nie ‘n prominente simptoom nie; die uitslag kan net skielik daar wees, of ná twee dae van sleg voel en ‘n seer keel sy verskyning maak.

Klein, plat pienk kolletjies verskyn eers op die gesig en versprei dan vinnig na die lyf en ledemate. Die kolle smelt saam en vorm teen die volgende dag ‘n rooi area, wat gewoonlik teen die derde dag reeds iets van die verlede is.

Die limfkliere agter die kop en aan die bokant van die nek is vergroot en gevoelig. Andersins is daar nie fout nie. Party kinders, veral tieners, het las van pyn in hul gewrigte.

Die siekte is meestal nie ernstig nie en geen spesifi eke behandeling is nodig nie. Die ergste gevaar is gedurende vroeë swangerskap wanneer die fetus ernstig deur die rubella- virus aangetas kan word.

Dit is die hoofrede vir roetine-immunisering met ‘n driedubbele MMRvaksien teen masels, pampoentjies en Duitse masels. Seldsame komplikasies is infl ammasie van die brein asook bloeding.

Besoek ‘n dokter as jou kind maklik kneusplekke kry of as daar rooi kolle op sy vel verskyn.

Erythema infectiosum (‘klap-op-die-wang-siekte’)

Hierdie virusinfeksie is meestal glad nie ernstig nie. Daar is ‘n ligte koors, gevolg deur ‘n uitslag.

Dit kom meestal onder skoolgaande kinders voor, maar dikwels is daar geen simptome nie. Die eerste teken is byna altyd baie rooi wange met ‘n effense bleekheid om die mond.

Dan verskyn daar ‘n kollerige, rooi, eff ens jeukerige uitslag op die liggaam en ledemate. Dit verdwyn oor ‘n tydperk van een tot drie weke, maar bly nog ‘n ruk op die ledemate.

Dit lyk soos ‘n kantpatroon wat kan kom en gaan, afhangend van temperatuurveranderinge soos skielike koue weer of ná ‘n warm bad.

Partykeer is die aanvanklike koors ernstiger, met hoofpyn of gewrigpyn wat voor die uitslag sy verskyning maak. Die virus versprei deur speekseldruppeltjies wat uitgeasem word.

Gewoonlik word geen behandeling vereis nie. Isolasie is nie nodig nie, aangesien dit nie meer aansteeklik is wanneer die uitslag sigbaar word nie. Die virus val ook die selle aan wat rooibloedselle vervaardig.

Dit het geen nadelige invloed op kinders wat andersins gesond is nie. Kinders met chroniese bloedtoestande of kanker kan ernstige bloedarmoede ontwikkel.

Gewrigspyne kom soms by ouer kinders en volwassenes voor. Die siekte staan ook bekend as “vyfde siekte”.

Belangrik

Lees ook die eerste artikel in ons reeks oor wat om te doen as jou kind koorsig is en wanneer jy beslis by ’n dokter moet uitkom.

Ander kindersiektes:

  • Kliek hier vir meer oor masels en babamasels.
  • Kliek hier vir meer oor Skarlakenkoors en klierkoors.
  • Kliek hier vir meer oor Kawasaki-siekte en meningokokkus-infeksie
  • Kliek hier vir meer oor waterpokkies en gordelroos.
  • Kliek hier vir meer oor koorsblare en hand-voet-mond-siekte.