Die rapper Jack Parow het waterpokkies en moes ses van sy vertonings afstel nadat die dokter hom aangesê het om twee weke lank in die bed te bly.

‘‘Ek het die aand van my albumbekendstelling begin koorsig voel, en toe ek die volgende oggend wakker word, was my hele lyf vol rooi kolletjies,’’ vertel Jack.

Hy is al doodverveeld van sit en niks doen, kla hy, maar bieg darem: ‘‘Ek het toe ek van die dokter kom, skelm by die winkel omgery om vir my DVD’s en ’n paar strokiesboeke te koop.’’ En dis waarmee hy nou die ure omkry.

Op die internet:

Jack Parow se Facebook-blad

Jack Parow se nuutste musiekvideo, "Dans Dans Dans!", saam met Francois van Coke: