Ouers, wees gewaarsku. Volgens sekuriteitsbeeldmateriaal is twee kinders vermoedelik verlede week byna by ’n winkelsentrum in Pretoria ontvoer. Dit is van uiterste belang dat jy jou kinders nooit in ’n winkel alleen los nie en altyd bedag is op hul veiligheid.

Beeldmateriaal van ’n kringtelevisiekamera wat onlangs op sosiale media gedeel is, wys hoe twee kinders in ’n winkelsentrum byna ontvoer word. Die ma van die twee kinders draai ’n oomblik haar rug op haar kleingoed en dan begin ’n vreemde vrou die kinders binne-in die inkopiewaentjie by die winkel se deur uitstoot.

Skielik hardloop die blondekop-ma die vrou en haar kinders agterna en keer haar voor. Die voorval het glo verlede Maandag plaasgevind in Montana, Pretoria.

Kyk die video hier:

Klik hier vir raad oor hoe gemaak as jou kinders wel in ’n winkelsentrum wegraak.