’n Trou-uitnodiging het vinnig aanlyn versprei nadat dit verlede week op Reddit gedeel is. Die rede? Die kaartjie lui: “RSVP. Jou antwoord word teen 22 September benodig.” Lees ook: Verjaardagkaartjie amper halfeeu lank heen en weer gestuur Onderaan word gaste gevra om hul kosvoorkeur aan te dui: “Beesvleis,” “varkvleis” of “kinders (12 en jonger)”. Een verwarde gas het die kaartjie gedeel en daarby geskryf: “Ek sal die 10-jarige vat, asseblief, halfgaar.”

I'll have the 10 year old, please, medium rare... from funny

Mense het op gevatte wyse daarop gereageer. Daar was antwoorde soos: “Gemmerkopkinders” en “vrylopend en glutenvry, asseblief”. Ons hoop die strooijonker het die bohaai aanlyn gesien, want dis mos lekker stof vir sy toespraak . . .