Is jou oogbal dalk weg? Kinders het een op die grond op ’n motorparkeerterrein buite ’n kitskosrestaurant in die Amerikaanse deelstaat Oregon gevind. Dit het oornag daar gelê.

Volgens Fox 12 Oregon het ’n groep kinders aan ’n skattejag, wat deel was van ’n verjaardagpartytjie, buite die Red Robin-burgerrestaurant deelgeneem.

Wat hulle gevind het, was egter nie op die lys van geskenke nie.

Hulle het ’n deursigtige, geel monster-houertjie, met ’n oogbal daaarin, gevind.

Die kinders het dit toe aan restaurantwerkers gewys, en hulle het die polisie verwittig.

Volgens die owerhede is hulle nie seker of dit ’n dier of ’n mens se oogbal is nie.

Daar is ook nie ’n oogbal op enige bekende lys van verlore goedere nie.

Die grusame vonds is nou in die hande van mediese ondersoeker, ten einde die oorsprong te bepaal.

Bronne: KPTV.com, News.com.au