Angry Birds is ’n uiters suksesvolle videospeletjie-franchise wat al meer as 2 biljoen keer op mobiele platforms afgelaai is sedert dit in 2009 bekendgestel is.

Die kinders het die mossies glo met ketties gevang voor hulle die voëls aan vuurpyle vasgebind en die lug in geskiet het.

Huang Chu (45) het die kinders se siek speletjie aan die kaak gestel toe hy hulle in ’n park sien weghardloop van ’n vuurwerk wat nie afgegaan het nie. ’n Voël was daaraan vasgebind.

Hy sê: “Ek het besef dit gaan nie af nadat die lont op opgeraak het. Toe ek verbystap, het ek gesien ’n mossie is aan die kant van die vuurwerk vasgebind.

Chu sê hy het verskeie ander bebloede en verminkte voëls gekry wat deur die vuurwerke uitmekaargeruk is. “Ek het ’n foto geneem en die lewende mossie vrygelaat. Dit het tot onder ’n bos gefladder.”