Nuus van ’n dagsorgsentrum in Texas in die VSA waar kinders tydens slaaptyd aan hul slaapmatte vasgemaak word met maskeerband, het ouers regoor die wêreld laat regop sit en wonder wat met hul eie kinders by 'n dagsorgsentrum gebeur.

Die Amerikaanse nuuswebtuiste ABC News het vroeër vandeesweek berig oor ’n personeellid wat foto’s aan ouers versprei het van ’n seuntjie wat onder ’n kombers aan sy slaapmat vasgemaak is met maskeerband. ’n Ander driejarige is blykbaar eenders behandel en die skool het sy ma van die voorval verwittig. Sy het haar seun uit die skool gehaal en hulle by die polisie en kinderbeskerming verkla.

Al hou die skool vol die kinders is nie seergemaak nie, laat nuus van die voor val die meeste ouers bang oor wat dalk met hul kinders gebeur wanneer hulle by die werk is.

Klik hier vir alles wat jy moet weet wanneer jy ’n dagsorgsentrum vir jou kind kies. En onthou, vertrou jou instink!

Bronne: abcnews.go.com, texasmonthly.com, chicagotribune.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.