Die paartjie, wat net bekend staan as Erica en Hannes, is gevra om hul vriende se ses maande oue baba, Alex, op te pas terwyl sy ouers uitstedig is.

Die paartjie is albei grafiese ontwerpers, en het toe besluit om hul vrese vlerke te gee deur foto’s van hulself met Alex te dokter.

In een foto stoot Erica Alex in sy stootwaentjie terwyl ’n enorme dinosourus hulle jaag, en in ’n ander vernuftige prentjie spring ’n grootwithaai uit ’n stroompie waar die gesin in die park loop.

Ander vrese sluit in ’n ruimtewese wat Hannes en Alex ontvoer, en ’n kobra wat in Erica en Hannes se leefvertrek inseil terwyl Erica en Alex op die mat speel.

Klik hier om na die foto’s te kyk.

- Mieke Vlok

Bronne: Elite Daily, Huffington Post, BuzzFeed