As jy dogtertjies het, het jy heel waarskynlik al die Disney-fliek Frozen gesien. En jy ken tien teen een die woorde van die liedjie Let It Go. Die YouTube-video van ’n nuwe weergawe van die liedjie het groot aftrek gekry. Dit bevat die pragtige stem van ’n 11-jarige sangeres en ’n duidelik Afrika-geïnspireerde ritme.

Die sanger en liedjieskrywer Alex Boyé het die nuwe weergawe van die liedjie en sy pragtige video geskep. Hy verduidelik die idee het hom beetgepak toe hy sy vierjarige dogter in die leefvertrek sien dans en “elke liewe woord met gevoel sing”.

Alex het baie ervaring met liedjies oormaak, en het die Afrika-weergawe van Frozen se Let It Go Donderdag bekendgestel. Die video is by die Midway Ice Castles geskiet en die Once Voice-kinderkoor van Salt Lake City, Amerika, sing. Maar die ster in die video is die 11-jarige Lexi Walker, wat die karakter Elsa speel.

Die liedjie is op iTunes beskikbaar en jy kan die video hier kyk.

Ekstra bronne: deseretnews.com, huffingtonpost.com, itunes.apple.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.