Die man, slegs bekend as ’n 27-jarige Libanese student, is vroeër skuldig bevind aan die volgehoue seksuele molestering van ’n kind.

Volgens die uitsaaier SBS het die regter in die hof in Sydney gesê die man het die meisie bly teister ten spyte van haar aanvanklike huiwering.

Hy is in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem toe hy die meisie ’n paar weke ná hulle troue (ingevolge die Islamitiese geloof by haar pa se huis) wou inskryf by ’n skool.

Daarna is die meisie, wat toe 13 was, luidens gerugte behandel vir ’n miskraam.

’n Geestelike is in November daarvan aangekla dat hy ’n onwettige huwelik voltrek het. Die seremonie het in haar pa se huis plaasgevind.

Die pa het aan die Daily Telegraph in Sydney gesê volgens sy interpretasie van die Koran mag die paartjie net sonder toesig in dieselfde vertrek wees as hulle getroud is.

- Sapa