’n Groep kinders het Saterdag naby die mangat gespeel toe Kananelo Saleman (10), ingeval het, het kapt. Phumelelo Dhlamini gesê.

Die gat was ongeveer 8 m diep. Polisieduikers het sy liggaam daardie aand uitgehaal. ’n Geregtelike doodsondersoek gaan uitgevoer word.

Tshidiso Jakobo, van die plaaslike munisipaliteit, het gesê die reddingspoging was moeilik.

"Hy het omstreeks 11 of 12 uur in die gat geval, en sy liggaam is eers ongeveer 7 uur die aand verwyder," het hy gesê.

Die seun se ma, Tshokolo Segene (34), blameer die munisipaliteit vir sy dood. Sy het aan die Daily Sun gesê dat as die mangat bedek was, sou haar seun steeds gelewe het.

"Daai area is ’n ou pompstasie en word nie gebruik nie. Dit is twee keer omhein, maar (die heining) is ongelukkig beskadig. Ons het geweet die area mag dalk probleme veroorsaak, en ongelukkig het dit nou," was haar woorde.

Tshidiso het die familie verseker dat die saak dringende aandag sal geniet en gesê die hoop bestaan dat die munisipaliteit verantwoordelikheid sal aanvaar.

Bron: News24