Die koningin van werklikheidstelevisie en haar rapper-man het maande lank probeer om swanger te word met baba nommer twee, en teen die einde van verlede maand het hulle bevestig dat sy swanger is. Die nuwe aankomeling sal die sib wees van hul dogter North – bekend as Nori – en daar word nou beweer dat dit 'n seuntjie is.

“Kanye is vir Nori liewer as vir enigiets anders op aarde, maar, om sy wêreld af te rond, wou hy graag 'n seuntjie en erfgenaam hê,” het 'n bron aan US Weekly, wat daarop roem dat hulle die nuus met verskeie ingewyde persone bevestig het, gesê. “Hy is oorstelp van vreugde!”

Kim is, volgens gerugte, ook in die wolke, aangesien dit skynbaar haar droom is om twee kinders, een van elke geslag, te hê. Sy is skynbaar met ope arms gereed om die ma van 'n seuntjie te wees en sy is reeds in 'n boetiek in die stad New York opgemerk, besig om klere vir haar seun te bekyk. Daar is gespekuleer dat Kim en Kanye dit oorweeg het om in vitro-bevrugting in te span tydens hul gesukkel met vrugbaarheid. Dit is gedokumenteer op haar familie se werklikheidsvertoning, Keeping Up with the Kardashians. Die 34-jarige ster was, volgens berig, 'n ruk lank “baie depressief” oor die saak en sy was bekommerd dat sy dalk nooit weer 'n baba sal hê nie.

'Ek is so dankbaar oor die swangerskap.'

“Ek is so dankbaar oor die swangerskap, aangesien ons nie gedink het dit sal gebeur nie,” het sy later gesê.

Die paartjie het nog nie bevestig hoe ver Kim se swangerskap al gevorder het nie, maar 'n ingeligte persoon het aan US Weekly genoem dat sy reeds in haar tweede trimester is. Dit is egter bekend dat sy gesukkel het met oggendnaarheid, aangesien sy voorheen beken het dat sy so siek voel dat sy soggens sukkel om uit die bed te kom.

© Cover Media