Die 61-jarige Henry Coetzee moet op 4 April weer in dié hof verskyn, sê kapt. Philani Nkwalase, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap.

“Die beskuldigde het van Maart 2001 tot November 2010 in Kimberley as prokureur gepraktiseer,” sê Philani.

“In dié tyd het hy baie kliënte gehad, onder wie die bank FNB, vir wie hy huisoordragte  gedoen het. Ook het hy verskeie eise by die Padongelukkefonds behartig.

“Hy het tydens dié tydperk R4 miljoen van sy kliënte se geld verduister.”

Volgens Philani het Henry in November verlede jaar vir die eerste keer in die hof verskyn. Hy het met sy laaste verskyning verlede week skuld erken op al 33 aanklagte teen hom. Dié aanklagte is onder meer diefstal, geldwassery en bedrog.

Henry, wat intussen na Port Elizabeth verhuis het, is uit op borgtog.