Die werklikheidster, wat op 15 Junie die lewe geskenk het aan haar en Kanye West se eersteling, geniet dit glo om ’n tuisblyma te wees en wil glad nie teruggaan werk toe nie.

Iemand in die binnekring het ook aan HollywoodLife.com vertel Kanye haat dit om sonder sy meisie uit te gaan.

Die rapper is Sondag 30 Junie ná die BET-prysuitdeling by die akteur Jamie Foxx se partytjie gesien nadat Kim hom glo oortuig het om te gaan, maar hy het Kim blykbaar heelaand ge-SMS om te hoor of sy en North oukei is.

Die bron het verduidelik: “Kim is mal oor moederskap en Kanye is net so gelukkig om ’n pa te wees. Dis al waaroor hy praat. By Jamie se partytjie het mense hom omhels en gelukgewens met die baba en die feit dat hulle nou ’n gesin is. Al was almal bly om hom te sien en het hulle hom met liefde omring, was sy gedagtes by die huis. Hy’t Kim heelaand ge-SMS om te hoor of sy en die baba oukei is.”

Kim (32) en Kanye (36) het aanvanklik by Kim se ma gewoon, maar huur nou glo ’n huis in Bel Air omdat hulle meer tyd alleen saam met North wil deurbring. Intussen word hul huis van R90 miljoen nog opgeknap.