Kim Kardashian is so mal oor haar en Kanye West se eersteling dat sy binnekort nog kinders wil hê.

Klein North West is op 15 Junie gebore, maar Kim (32) praat reeds daarvan om nog kinders by Kanye (36) te hê.

’n Bron het aan die tydskrif Life & Style gesê: “Sy het vir haar vriende gesê sy wil binnekort, binne ’n jaar, nog ’n baba hê. Kim hou van beplan en het nog altyd ’n tydlyn in haar kop gehad. Selfs voor Kanye in die prentjie was, wou sy kinders gehad het.”

Haar familie en vriende is nie so beïndruk met die idee nie.

Die ingeligte het gesê: “As Kim binnekort swanger raak, sal haar vriende dink sy is gek. Sy was miserabel terwyl sy swanger was. Dit was vir almal ’n groot verligting toe haar baba gebore is, want toe het sy ophou kla oor hoe opgeblase sy was.”

Kim het glo dieetraad gaan vra by haar suster Kourtney (34), wat die ma is van die driejarige Mason en die 13 maande oue Penelope.

’n Bron het aan die tydskrif Us Weekly gesê: “Kourtney glo dis veral aan haar gesonde eetgewoontes te danke dat sy haar swangerskapvetjies kon afskud, dus gee sy eerder raad oor kos as oor oefen. Kourtney verstaan beter as enigiemand anders waardeur Kim gaan.

“Maar sy hou aan om vir Kim te sê haar baba moet goed gevoed word en dat Kim haar meer oor haar baba se gesondheid moet bekommer as om gou weer haar figuur te probeer terugkry.”