Iets vergeet? Dit het gelyk asof North West, Kim Kardashian West se gunsteling-modebykomstigheid by die modeweek in Parys was, maar haar kleinding is nie altyd voorop in haar gedagtes nie! Ten minste as daar waarheid in dié video steek.

Die werklikheidster het by ’n swierige hotel in Parys uitgekom en was op pad na ’n voertuig, toe sy op haar hakke omdraai en weer die hotel binnegaan. Toe kom sy weer uit, dié keer met haar eenjarige dogter in haar arms.

Wat dink julle hiervan?