Die glanspersoonlikheid Kim Kardashian het Dinsdagoggend op Twitter gekla haar heupe en boude is te groot en verklaar sy gaan onmiddellik op ’n dieet. Sy volg glo die Atkins-dieet, wat soos die Noakes-dieet koolhidrate verbied.

Maar sy was dieselfde aand in die restaurant La Scala te sien saam met haar suster Kylie Jenner en vriende Carla DiBello en Shamari Maurice waar hulle aan ’n Italiaanse fees weglê. Op ’n foto wat sy getwiet het, kan jy twee borde pasta, sop en gaskoeldrank sien.

Toemaar, Kim. Baie van ons swig ook voor die koolhidrate!

Bronne: Dailymail.co.uk, Twitter.com