Kim Kardishian, wie Saterdag amper vyf weke te vroeg geboorte aan ‘n dogtertjie geskenk het, se pienkvoet lyk glo nes sy.

Die 32-jarige TV-ster van die werklikheidsreeks, Keeping up with the Kardishians, se kêrel, Kanye West, was teenwoordig toe hul eersteling gebore is.

Volgens berigte het die baba ‘n bos donker hare en lyk sy nes haar ma. ‘n Bron het aan E! News het gesê: “Sy het donker hare. Sy lys nes Kim.”

Kim  en Kanye gaan al  amper ‘n jaar en ‘n half uit nadat hulle vir meer as ‘n dekade al vriende is. Die paartjie het egter nog nie self ‘n verklaring oor die geboorte van hul dogter uitgereik nie.

Kim het glo natuurlik geboorte geskenk in ‘n hospitaal in Beverly Hills. En hoewel die paartjie se dogter vyf weke te vroeg haar verskyning gemaak het, is haar gesondheid goed en weeg sy sowat 2,2 kg.

Volgens iemand na aan die paartjie het Kim glo Vrydagaand begin siek voel en is sy inderhaas hospitaal toe.