Kim Kardashian se eksman het haar 20 karaat-verloofring laat opveil.

Die basketbalspeler Kris Humphries (28) het die ring wat hy aan die werklikheidster (32) gegee het op Dinsdag 15 Oktober by die afslaer Christie’s in New York laat opveil. Hy en Kim is in Oktober 2011 ná 72 dae as getroudes uitmekaar.

Die ring het R6,2 miljoen behaal, maar saam met Christie’s se prysverhoging dok die anonieme koper sowat R7,5 miljoen vir die ring op.

Volgens UsMagazine.com het die Lorraine Schwartz-skepping ’n diamant van 16,21 karaat tussen twee 1,8-karaat diamante. Die veiling is op R2 miljoen geopen. Aanvanklik is gereken die ring sou tussen R3 miljoen en R5 miljoen behaal.

Die verkoopsom is baie minder as die R20 miljoen dollar wat dit glo werd was toe Kris dit in Mei 2011 aan Kim gegee het. Volgens die afslaer se katalogus sal ’n gedeelte van die verkoopprys aan ’n onbekende liefdadigheidsorganisasie geskenk word.