[caption id="attachment_54299" align="alignnone" width="600"]Kanye West en Kim, in een van haar vele onthullende rokke. Foto: Marc Piasecki/Getty Images/Gallo Images Kanye West en Kim, in een van haar vele onthullende rokke. Foto: Marc Piasecki/Getty Images/Gallo Images[/caption]

SY WAS nog nooit skaam om ’n bietjie bors te wys nie, maar goeie genade, Kim Kardashian voer die saak nou darem baie ver. Sedert sy by die modeweek in Parys aangekom het, laat sy streepdeur alles uithang in die een onthullende uitrusting ná die ander. Pleks dat dit mense se belangstelling op ’n goeie manier wek, behoort dié wat reageer omtrent almal tot die “sy’s desperaat”-brigade.

[caption id="attachment_54305" align="alignnone" width="600"]    Kim het hierdie foto van haar en die Givenchy-ontwerper Riccardo Tisci op Instagram gelaai. Kim het hierdie foto van haar en die Givenchy-ontwerper Riccardo Tisci op Instagram gelaai.[/caption]

En dis nou waar ons verward is: Is hierdie onbeskroomdheid net ’n uiterste poging deur Kim om weer haar ou sexy self te wees, soos in die dae voor baba North se koms? Of is dit Kanye wat haar aansê wat om te dra, en sy luister maar ewe liefies? Watter ou wil dan hê elke man in die omgewing moet na sy meisie se borste staar – veral as ’n mens onthou dat die meeste van dié ouens lede is van die paparazzi, vir wie Kanye nie kan verdra nie (sê hy).

Dit alles laat ons ’n bietjie jammer vir Kim voel – dit lyk of sy deesdae eerder ’n skouperd is as werklik aanskoulik.

- Nici de Wet