Die familie het aangedui hulle gaan eers later, op ’n meer gepaste tyd, nog inligting bekendmaak.

Die werklikheidstelevisiester se eersteling is Saterdag in ’n hospitaal in Los Angeles gebore. Dis vyf weke voor die verwagte geboortedatum.

Khloé het bygevoeg Kim en haar verloofde, die rapper Kanye West, sal later bekendmaak wat hul pienkvoet se naam gaan wees, maar bevestig dit gaan definitief met die letter “K” begin.

Khloé het Sondag getwiet: “Ek kan nie begin om die wonderwerk te beskryf wat nou lid is van ons familie nie. Ma/baba is gesond en rus. Ons waardeer al die liefde.”