Kim Kardashian ontken gerugte dat sy in die geheim prosedures ondergaan het om haar swangerskapsgewig af te skud.

Die 33-jarige ster, wat vyf maande gelde aan haar dogter, North West die lewe geskenk het, sê sy is geïrriteerd oor berigte dat sy 23 kg  afgeskud het met vetverminderingsbehandelings.

Die brunet het op Twitter teen die berigte uitgevaar. “Ek is vandag baie gefrustreerd oor berigte dat ek chirurgie ondergaan het om my babagewig te verloor! Dit is ONWAAR.

“Ek het baie hard gewerk om myself te leer reg en gesond eet, ek het baie hard geoefen en dit was vir my ’n uitdaging, maar ek het dit gedoen!!!

“Ek is baie trots op my prestasie en NIEMAND sal dit van my af wegneem met ongegronde berigte nie!”

Kim het bygevoeg: “Jy kan sê wat jy wil oor my, maar ek werk hard en ek is die mees gedissiplineerde mens wat daar is!”

Volgens die tydskrif Life and Style het die ster glo meer as R800 000 aan rekmerkbehandelings en vetverminderende ultraklankprosedures bestee om haar lyf weer eksieperfeksie te kry. Maar Kim beweer die gerugte is onwaar en sy het nie die maklike uitweg gevolg nie.

Die toekomstige mev. Kanye West het op Tonight with Jay Leno die eerste keer met haar lyf gespog nadat sy haar dogter gehad het. Sy het haar sukses aan die Atkins-dieet en gereelde oefensessies toegeskryf, en erken die aanmerkings oor haar gewig het haar gekrenk.

Sy het gesê: “Dit het regtig my siel seergemaak. Daar was stories dat ek iets soos 200 pond geweeg het. Ek het gewig aangesit omdat ek swanger was en dit was baie moeilik om al die stories te lees en al die nare goed te hoor.”