Die TV-ster en sosiale vlinder Kim Kardashian het Dinsdag gerugte ontken dat sy finansieël baat gevind het by haar troue en blitsige huwelik.

Kardashian, wat in Augustus met die basketbalspeler Kris Humphries getrou het, het Maandag egskeidingsdokumente by die hof ingedien.

“Daar is gerugte dat ek miljoene dollars uit die troue gemaak het. Dié gerugte is nie die waarheid nie. Dit maak my so hartseer om dit reg te stel. Ek is dankbaar vir almal wat tyd gemaak het om na my troue te kom. Ek gaan die geld vir al die geskenke aan die Dream Foundation skenk,” het Kim in ‘n boodskap op haar webwerf geskryf.

Kardashian en Humphries, wat net 72 dae getroud was, se troue het glo ongeveer $10 miljoen (sowat R80 miljoen) gekos.

Dit is ook op die E!-netwerk uitgesaai tydens ‘n spesiale uitsending genaamd Kim's Fairytale Wedding: A Kardashian Event.

Klik hier om meer te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter.