Kim Kardashian wil kaal vir Playboy poseer.

Die werklikheidster het die wens gelug om, ná die geboorte op 15 Junie van haar en haar lewensmaat Kanye West se eerste kind, North, kaal vir die manstydskrif te poseer.

Sy het die onthulling gemaak in tonele wat vir die volgende reeks van Keeping Up with the Kardashians verfilm is, en erken sy wil graag aan nog ’n gewaagde fotosessie deelneem.

Sy het voor die baba se geboorte gesê: “Sodra ek dit uit het, wil ek ’n Playboy- of die een of ander kaal fotosessie doen.”

Kim, wat in 2007 vir die tydskrif poseer het, het al teen die publikasie uitgevaar omdat hulle die foto’s in 2010, nadat sy bekend geword het, aanlyn gepubliseer het.

Sy het ook al gesê dat sy haar besluit om in Playboy te verskyn geneem het om haar “onafhanklikheid” te versterk.

Sy het gesê: “Dit was ’n onafhanklikheidsding vir my. Ek het altyd alles volgens die reëls gedoen, ek het die reguit paadjie geloop wanneer dit daarby gekom het om my ouers tevrede te stel en ’n goeie dogter te wees.

“Ek het gevoel dat dit een besluit was wat ek net ek kon neem. En ek dink dit lyk goed. Ek sal daardie foto’s vir ewig hê.”