Die Keeping Up with the Kardashians-ster haak later vanjaar af met haar verloofde, Kanye West. Sy hoop hul sewe maande oue dogtertjie, North West, wat in Junie een word, sal al kan loop sodat sy Kim saam met haar stiefpa, Bruce Jenner, aan haar bruidegom kan afgee.

’n Bron het aan HollywoodLife.com gesê die 33-jarige ma en die 36-jarige rapper het gevra die juweliersontwerper Lorraine Schwartz moet vir North ’n spesiale paar skoene vir die geleentheid skep.

Die bron sê: “Hulle wil hê sy moet vir North eiesoortige diamantskoene maak sodat sy langs haar ma in die paadjie kan afstap wanneer haar ouers trou aan mekaar beloof.

“Kanye wil hê Nori moet simbolies in die troue wees, want sy is die gevolg van die uiterste liefde wat hy en Kim deel. Sy is hul skepping, en Nori is so rein, en Kanye wil hê sy moet saam met Kim in die paadjie afstap en haar eerste treë gee terwyl haar ouers in hul liefde vir mekaar verenig word.”

Die paartjie het bespiegelinge laat ontstaan dat hulle in Parys gaan trou nadat hulle Sondag die Versailles-paleis en hotelle in die omgewing besigtig het.

’n Bron sê: “Hulle gaan ’n paar dae na trouplekke in en om Parys kyk. Hulle doen ook inkopies. Hulle is baie opgewonde daaroor om die regte plek vir hul bruilof te kry. Hulle oorweeg ’n somertroue.”