Die 33-jarige werklikheidstelevisiester was op hul program Keeping up with the Kardashians saam met haar familie met vakansie in Thailand. In die jongste episode is Kim en haar familielede na ’n weeshuis nadat hul toergids dit voorgestel het.

Hulle het geskenke vir die kinders saamgeneem en Kim het gou geheg geraak aan ’n 12-jarige meisie genaamd Pink, wat haar ’n gelukbringer-armband gegee het.

“Sy is so lieflik, ek wil haar saam met my huis toe neem,” het Kim gesê voor sy haar man, Kanye West, oor die telefoon oor die ervaring vertel het.

“Ek het gesê: ‘Liefie, ek sou haar regtig aanneem.’ ”

Kim se ma, Kris Jenner, was ook saam op die uitstappie, maar was nie so ingenome met haar dogter nie. Sy het streng woorde vir haar gehad oor die kinders se lot ernstig neem.

“Jy kan nie net ’n weeshuis besoek en dol raak oor ’n kind en dan dink jy kan die kind saamvat asof jy inkopies doen nie,” het sy gesê. “Jy raak so passievol oor dinge.”

Kim was nie daardeur afgeskrik nie, en het met die bestuurder van die oord waar hulle tuisgegaan het, gepraat oor aanneming. Nadat sy geleer het die regering raai mense van ander lande af om Thaise weeskinders aan te neem, het sy die nuus as hartseer beskryf.

Kendall Jenner, Kim se suster, was ook op die uitstappie en het gewonder hoe kinders die lewe in ’n weeshuis hanteer. Dit het Kim ook aan die dink gekry en sy het gesê hoe baie sy dit waardeer dat sy ’n groot familie het.

“Weet jy, ek is regtig beïndruk met hoe hierdie kinders gelukkig is met so min,” het sy gesê. “Ek het met so ’n sterk familieband grootgeword; dit maak my so hartseer dat hierdie kinders nie ’n gesinslewe het nie.”

Daar was ook ’n paar lighartige oomblikke in die program, insluitend waar Kim steelfotograwe bespreek het. Dit is bekend dat Kanye hulle nie kan verdra nie en het al met die gereg gebots oor sy onderonsies met hulle. Nadat sy die fotograwe gesien het, het sy ’n storie oor Kanye vertel.

“Kanye is tronk toe; hy is in hegtenis geneem. En jy weet jy kry een oproep terwyl jy in die tronk is. Hy het Mr. Chow’s gebel sodat hulle vir hom ’n wegneemete by die tronk aflewer,” het sy laggend vertel.

© Cover Media