Kanye West en Kim Kardashian West is gereed vir nog ’n baba.

Die paartjie het reeds ’n 11 maande oue dogter, North, maar wil glo so gou moontlik hul gesin uitbrei.

’n Bron na aan die pasgetroudes, wat Saterdag in Florence, Italië, afgehaak het, het aan die Amerikaanse tydskrif People gesê: “Hulle wil albei nog kinders hê.”

Die Keeping up with the Kardashians-ster het ná North se geboorte ’n strawwe dieet- en oefenprogram gevolg sodat op haar beste kan lyk vir haar troue, maar sy wil graag weer swanger word.

Die bron het gesê: “Kanye sou vroeër vir ’n tweede baba begin probeer het, maar Kim wou eers ’n ruk weer soos haarself voel. Maar hulle wil beslis nog kinders hê.”

Die paartjie is tans op wittebrood in Ierland, waar hulle Woensdag twee keer gaan fliek het.

Bronne na aan Kim, wat gebieg het dat sy nie haar eerste swangerskap geniet het nie, het onlangs onthul dat sy beplan om tydens haar wittebrood weer swanger te raak.

Verlede maand het ’n vriend gesê: “Sy wil net ná die troue swanger raak.”

Die 33-jarige ster het ook gesê North se geboorte het veroorsaak dat sy baie kinders wil hê omdat sy die perfekte baba is.

Sy het gesê: “Ek het altyd gedink ek wil omtrent ses kinders hê. Ná North sal ek ’n miljoen babas hê.”