Kim Kardashian is wéér swanger.

A photo posted by @krisjenner on

Nadat sy maande lank gesukkel het om vir ’n tweede keer swanger te word, het Kim Kardashian West gisteraand op Keeping Up With the Kardashians die goeie nuus gedeel dat sy swanger is.

“Ek het pas die bloedtoets teruggekry en ek’s swanger!,” het Kim (34) in ’n lusmakertjie aan die einde van die episode gesê.

Dit het dadelik op Twitter gegons oor die nuus en gebruikers kon dit nie weerstaan om grappies oor “South West” te maak nie en die naam het op ’n kol selfs meer keer as Kim s’n opgeduik.

Sy en haar man, die rapper Kanye West, het geen geheim daarvan gemaak dat hulle desperaat is om vir hul eersteling North (23 maande) ’n broer of suster te gee en dat hulle gesukkel het om swanger te raak. Daar was selfs gerugte dat die paartjie aanneming oorweeg.

Kim se ma en bestuurder, Kris Jenner, het haar dogter en skoonseun só op Instagram gelukgewens: “Geluk! Kan nie wag om jou nuwe klein liefie te ontmoet nie!”

Ekstra bronne: mirror.co.uk, time.com