Die kleinding sal na verwagting in Julie gebore word.

Kim se ma, Kris Jenner, vra tydens die episode (die première van die agtste seisoen): “Sien jy ’n penissie?” Daarop antwoord dr. Paul Crane: “Ek sien nie enige penisse nie. Ek dink dis ’n meisie.”

Kim vra dan: “Wat is die kanse persentasiegewys?” En die dokter antwoord: “Nege-en-neëntig plus.” Daarna vra Kim: “Nege-en-neëntig plus? Ek kan dus vir mense sê dis ’n meisie?”

Die brunet is in haar noppies dat dit ’n meisie is en het gesê Kanye (35) “wou nog altyd” ’n dogter hê. “Ek is baie opgewonde daaroor dat ons ’n dogter gaan hê. Wie wil dan nou nie ’n dogter hê nie? Ek dink hulle is die beste. Ek weet dis wat Kanye nog altyd wou hê.”

Die nuus is op dieselfde dag bekendgemaak as Kim se ooievaarstee by haar vriendin Shelli Azoff se huis in Beverly Hills. Die Fashion Police-aanbieder Kelly Osbourne en voormalige Spice Girl Mel B was onder die gaste, asook Kim se susters Kourtney en Khloé Kardashian, wat in wit rokke opgedaag het. Kris het die bekende Hollywood-geleentheidsbeplanner Sharon Sacks gevra om die geleentheid te reël.