Kim Kardashian is verslaaf aan duur ontwerpersklere koop vir haar dogter.

Die werklikheidster, wat haar dogtertjie, North West, byna drie maande gelede in die wêreld verwelkom het, koop glo aanhoudend duisende dollar se klere vir haar baba. Intussen werk sy daaraan om haar lyf weer tot sy eertydse glorie te herstel.

’n Bron het aan die tydskrif Star gesê: “Kim … koop heeltyd aanlyn vir Nori. Sy koop meestal wit items, en sy koop baie van dieselfde goed omdat hulle so maklik vuil word.

“Baie van die ontwerpersrokke kos meer as R6 000 stuk, en Kim koop 10 tot 15 items op ’n slag. Kim bestee meer aan babaklere per maand as baie bekendes aan hul huislening.”

Kim en haar kêrel, Kanye West, is veral gek na ’n Hermes-kasjmierkombers van R8 000. Nog ’n bron het aan OK! Magazine gesê: “Hulle koop die komberse in grootmaat, hulle hou daarvan omdat dit supersag is en Nori die hele tyd haar gesig daarin vryf. Teen R8 000 stuks raak dit regtig duur!”

Die Keeping Up with the Kardashians-ster (32) het ook glo in Mei voor North se geboorte R2,5 miljoen in Harrods aan ontwerpersitems bestee.

Die ingeligte vertel: “Sy het babaklere van Chloe en Christian Dior, Chanel-skoentjies en Versace-speelpakkies gekoop; net die beste van die beste.”

Daar is al onthul dat baba North reeds met honderd paar ontwerperskoene spog.