Die Keeping up with The Kardashians-ster waag glo haar hand aan skryf en werk reeds aan ’n boek wat blykbaar losweg op ervarings van haar lewe in die kollig gegrond is.

’n Bron sê: “Die boek gaan oor die verstrengelde liefdeslewe van drie susters met ’n baasspelerige ma wat in Hollywood probeer naam maak.

“Die storie wentel om ’n belowende aktrise, Kai, en haar susters, Karissa, ’n aspirant-model, en Kayleigh, wat ’n sanglobaan nastreef.”

Die 33-jarige het ’n sewe maande oue dogter, North, by haar verloofde, Kanye West. Sy het glo gevra ’n pookskrywer moet haar met die stomende roman “vol kullery, leuens en wraak” help.

Die bron het aan Daily Star gesê: “Sy is nie die beste skrywer nie, maar sy het ’n baie vrugbare verbeelding en weet hoe Hollywood werk.”

En Kim, wie se ma, Kris Kris Jenner, ook haar bestuur is, hoop die waagstuk kan tot nog kreatiewe projekte lei.

Die bron het bygevoeg: “Die plan is om die boek in die komende maande te voltooi sodat sy dit aan uitgewers kan begin voorlê. Dit is dalk die eerste van vele. Kim dink die boek kan eendag in ’n TV-rolprent of minireeks verwerk word.”