Sy maak haar miljoene deur op haar beste te lyk. Die werklikheidstelevisiester en model Kim Kardashian bring haar lewe voor die TV-kameras deur, en haar skoonheid is haar grootste bate.

G’n wonder sy was bang dis die einde van haar uiters winsgewende loopbaan toe die velsiekte psoriase onlangs by haar gediagnoseer is nie.

Dis immers die laaste ding wat enige mens wil hoor; allermins die ster van die werklikheidsreeks Keeping Up with the Kardashians en ’n meisie wat al R235 miljoen voor die kameras verdien het.

Psoriase is ’n siekte wat jy niemand toewens nie. Dit veroorsaak letsels op jou vel en dis ongeneeslik. Mense loop dikwels wye draaie om lyers omdat die merke grillerig lyk en hulle verkeerdelik dink dis aansteeklik.

In ’n onlangse episode van haar werklikheidsreeks het Amerikaanse kykers gesien Kim ontwikkel rooi vlekke op haar bene.

Dit het kort voor lank na ander dele versprei. Toe haar dokter bevestig dis psoriase, was dit vir haar ’n geweldige slag.

Lees meer in die Huisgenoot van 11 Augustus 2011.

Volg Huisgenoot op Twitter.