Kim Kardashian se susterskind is jaloers op haar dogter, North West (3 maande).

Kourtney Kardashian (34) vertel haar seun, Mason (3), by haar kêrel, Scott Disick, raak nog gewoond aan die toevoeging tot die familie. Kourtney is Kim, die ster van Keeping Up with the Kardashians, se suster.

Sy het aan People.com vertel: “Hy raak ’n bietjie jaloers omdat hy en Kim so lief vir mekaar is. Hy verstaan nie waarom hy nie meer al die aandag kry nie.”

Kourtney het ook gesê haar dogter, Penelope (14 maande) is erg oor haar nuwe niggie en raak opgewonde wanneer sy haar sien.