Kim is in Mei met die rapper Kanye West (37) getroud; die paartjie het ’n 13 maande oue dogter, North.

Kim (33) het al gesê sy wil haar man se van aanneem en dit lyk asof sy Dinsdag bevestig het dié proses is amptelik aan die gang nadat sy haar glansryke paspoortfoto met aanhangers gedeel het. “Nuwe paspoortfoto #Mrs.West #NameChange,” het sy daarby geskryf.

Kim het al op sosiale media vertel hoe goed dit voel om Kanye se van te gebruik. Sy was veral in haar noppies toe sy haar nuwe handtekening vir die eerste keer sien.

“Ons was in Praag  en het borde vir die restaurant onderteken. Dis die eerste keer dat ek West geskryf het!! Xo,” het Kim geskryf by ’n foto wat in Junie op haar Celebuzz-blog gepubliseer is. Op die foto hou sy ’n bord vas met die woorde “Kim Kardashian West”.

Die tydskrif People het onlangs berig Kim en Knaye se gesinslewe is idillies; hulle is blykbaar so gelukkig saam dat hulle dit oorweeg om nog kinders te hê.

“Hulle geniet dit om tyd by die huis deur te bring,” het ’n bron aan die tydskrif gesê.

“Hulle kyk saam flieks; speel in die babakamer; gaan stap in die buurt. Albei wil nog kinders hê. Hulle hoop dit sal binnekort gebeur.”

In die jongste aflewering van Keeping Up with the Kardashians het Kim gesê sy wil graag ’n Thaise dogtertjie aanneem.

Maar sy moes ’n rukkie later hoor Thailand se regering ontmoedig buitelanders om wesies van dié Oosterse land aan te neem. Kim het in die episode gesê dis “baie hartseer” is.

© Cover Media