Kanye West het Kim Kardashian ’n skildery van haar geskenk gegee.

Die rapper, wat Saterdag in Florence, Italië, met die Keeping up with the Kardashians-ster getroud is, het die Londense kunstenaar Bambi opdrag gegee om die portret ter viering van hul troue te skilder.

’n Bron het aan die koerant The Daily Star gesê: “Dit is die eerste nie-narsistiese ding wat Kanye doen omdat hy spesifiek nie in die portret wou wees nie.

“Hy sê hy wou hê Kim moet soveel moontlik soos ’n prinses lyk.”

Kanye bestee groot geld aan die skildery omdat geld nie vir hom belangrik is nie.

Die bron voeg by: “Kanye het gesê hy gee nie om hoeveel dit kos nie. Dit gaan waarskynlik Bambi se duurste skildery nog wees.”

Intussen hou die pasgetroudes wittebrood sonder hul 11 maande oue dogter, North.

Die kleinding is gesien toe sy ná die troue Italië op ’n vlug verlaat met Kim se ma, Kris Jenner. Die werklikheidster en haar man is in Ierland, waar hulle by die vyfsteroord Castlemartyr in Oos-Cork tuisgaan.