Kim Kardashian het Kanye West se van aangeneem.

Die werklikheidster, wat Saterdag in Florence, Italië, met die rapper afgehaak het, het Woensdag haar naam op haar Twitter- en Instagram-profiel verander na Kim Kardashian West.

Die donkerkopskoonheid, wat ’n 11-maande oue dogter, North, by Kanye het, het op ’n keer gesê sy wil dieselfde van hê as haar derde man en dogter.

Sy het aan E! News gesê: “My naam gaan Kim Kardashian West wees. Dalk gaan ek my nooiensvan my middelnaam maak.”