Kim Kardashian se pelle meen sy moet besin eer sy met Kanye West trou.

Die 33-jarige werklikheidster se hegte vriende het haar aangeraai om haar verlowing met die 36-jarige rapper te verbreek omdat hy so baasspelerig is. Die twee het ’n vier maande ou dogter, North.

Die Black Skinhead-rapper het die mooi brunet verlede maand by die AT&T-bofbalstadion in San Francisco gevra om te trou, maar Kim se vriende meen sy dans soos ’n robot na sy pype.

’n Bron het aan die tydskrif Life & Style gesê: “Niks aan die verlowing was eie aan Kim nie. Dit was glad nie in haar styl om in die bofbalstadion ’n huweliksaanbod te kry nie.

“Hy deel bevele uit oor die troue, die huis wat hulle bou, alles, self watter skoene sy na geleenthede toe dra.”

Maar Kim glo nie haar geliefde neem namens haar besluit nie, en haar vriende is oortuig daarvan dis omdat sy op die oomblik blindverlief is.

’n Bron het verduidelik: “Kim dink nie sy word beheer nie. Sy besluit om te doen wat Kanye ook al wil hê.

“Sy lewe nou in die Kanye-borrel.”

Intussen het die Keeping Up With the Kardashians-ster onlangs vir Kanye gesê hy kan kry wat hy ook al vir hul bruilof wil hê, maar sy wil haar eie trourok kies.