Die paartjie – wat ’n 11 maande oue dogter, North, het – trou op 24 Mei in Parys en het glo links en regs ooreenkomste gesluit om munt te slaan uit hul spogtroue. ’n Bron het aan die tydskrif In Touch gesê die 33-jarige werklikheidster gaan E! toelaat om alles in aanloop tot die troue en daarna te verfilm. “Sy gaan die res alles laat verfilm sodat sy goed gratis kan kry in ruil vir die blootstelling. “Hulle het besef hoeveel hul troue kos en het vir E! gesê hulle sal nie toelaat dat sekere dele verfilm word nie, behalwe as die netwerk hulle meer aanbied as die sowat R157 miljoen wat Kim vir haar troue met Kris (Humphries) gekry het. Haar ma kon haar ook nie inhou nie. Kris (Jenner) probeer om vir hulle nog sowat R42 miljoen vir die troufoto’s te kry.”

'Alles is betaal of geborg deur handelsmerke wat blootstelling wou hê.'

Kim het onlangs ’n kameraspan toegelaat om haar henneparty met ’n Paryse tema by die Peninsula-hotel in Beverly Hills te verfilm, en ’n bron sê: “Alles is betaal of geborg deur handelsmerke wat blootstelling wou hê.”

Kim en Kanye – wat in Oktober verlede jaar verloof geraak het – het vantevore gesê hulle gaan ’n klein, intieme troue hê met hegte vriende en familie, maar die program se vervaardiger, Ryan Seacrest, glo dit sal steeds ’n ongelooflike affêre wees.

Hy het Maandag aan Access Hollywood gesê: “Ek sou raai dat dit een van die ongelooflikste seremonies ooit sal wees. Ek dink ons sal almal glimlag en mal wees oor die feit dat jy kan sien hoe lief hulle mekaar het.”