Die werklikheidstelevisiester het op 5 Desember die lewe aan die seuntjie geskenk en Maandag het die paartjie sy naam in ’n inskrywing op Kim se webtuiste en app onthul.

Daar was nie sprake van ’n tweede naam nie, ten spyte van gerugte dat Kim hom na haar wyle pa, Robert, sou vernoem.

Die nuus volg op gissings dat die paartjie nog ’n kompaspunt as naam vir hul seun sou kies nadat hulle hul tweejarige dogter North genoem het.

Kim (35) het voorheen die gerugte afgelag en gesê dis ’n belaglike idee dat hulle weer ’n rigting gaan gebruik. “Ek dink dis so simpel,” het sy in ’n onderhoud met NPR gesê. “Ek hou nie van die naam South West nie. North sal altyd beter wees.”

Sy’t aan Ellen DeGenerees erken sy hou van die naam Easton, hoewel haar man, die rapper Kanye (38), nie mal daaroor was nie.

En verlede maand het sy aan die tydskrif People gesê sy en haar man los die naam vir die laaste minuut.

“Dis die laaste ding wat ek en Kanye gedoen het toe North gebore is. Ons het haar eers sewe dae later ’n naam gegee. Ek voel die naam sal by ons opkom.”

© Cover Media