Kim Kardashian en Kanye West is ’n baie “normale” paartjie.

Die bekende twee, wie se eerste kind North West in Junie gebore is, is albei plat op die aarde en het ’n lieflike verhouding, sê hul goeie vriendin Carine Roitfeld, ’n voormalige redaktrise van die Franse Vogue.

Die mode-ikoon het tydens die New Yorkse première van haar nuwe dokumentêr, Mademoiselle C, oor haar nuwe tydskrif CR Fashion Book, aan People.com gesê: “Hulle is so normaal. Hulle is lieflik saam.”

Die ster van Keeping Up with the Kardashians (32) verskyn buiteop die jongste uitgawe van Carine se tydskrif en was glo baie maklik om mee saam te werk.

Carine het gesê: “Ons het besluit om ’n storie oor haar te doen. Sy het dadelik ingestem.

“Sy was een van die maklikste modelle saam met wie ek al gewerk het. Sy is nie ’n model nie, maar sy was swanger en jy weet, ek is mal oor swanger vroue. Eerlikwaar, sy was baie. Sy het geen vereistes gestel nie.”

Daar is verwag dat Kim haar eerste verskyning ná die swangerskap met die rolprent se vertoning op die rooi tapyt sou maak, maar dis ter elfder ure afgelas.

Die Black Skins-rapper Kanye (36), wat ’n vinnige verskyning in die dokumentêr maak, het die partytjie agterna in die restaurant The Four Seasons alleen bygewoon.

’n Bron sê: “Hy het gekom omdat Carine ’n goeie vriendin is.”

Kim en Kanye het mekaar glo nie gesien sedert hulle op 23 Augustus ’n foto van hul dogter op haar ma, Kris Jenner, se laaste geselsprogram uitgereik het nie omdat hy te hard werk.