Kanye West meen Kim Kardashian is die hedendaagse Marilyn Monroe omdat sy so omstrede is.

Die Bound 2-sanger het Vanity Fair daarvoor onder skoot gekry dat hulle die supermodel Kate Upton (21) vir die voorblad van die tydskrif se onlangse 100ste uitgawe gestileer het om na die Some Like It Hot-ster te lyk. Hy het gesê sy 33-jarige verloofde is eintlik soos die legendariese aktrise, want sy verdeel openbare mening en is omstrede.

Die rapper het Dinsdagoggend aan die radiostasie Power 105.1 van Chicago gesê: “Ek het ’n liefde-haat-verhouding met die paparazzi, maar eintlik hou ek van hulle, want hulle bemagtig ons bo, jy weet, Vanity Fair en Graydon Carter, wat wil sê Kate Upton is Marilyn Monroe. Kate Upton is nie Marilyn Monroe nie. Kim is Marilyn Monroe, jy weet dit. Sy was omstrede. Sy (is) omstrede.”

Daarby meen Kanye hy is soos die oorlede animeerder Walt Disney en Renaissance-kunstenaar Michelangelo.

Hy het gesê: “Ek is meer soos ’n Walt Disney of iets. Rap is net soos ’n kamer van my gedagtes. Dit is iets wat ek regtig wou uitdruk as ’n hedendaagse digter, want jy weet, as ek in ’n vorige leeftyd geleef het, sou ek dalk ’n dramaturg of iets gewees het. Maar in hierdie leeftyd, om die mees gehoorde en relevantste te wees, is die relevantste om ’n rap-rock-ster te wees. Jy kan jou daar op die hoogste vlak uitdruk.”

Hy het bygevoeg: “Ek is soos Howard Hughes! Ek is soos (die NBA-kommissaris) David Stern! Ek is soos Steve Jobs!”

Die 36-jarige ster het ook die idee afgemaak dat hy dalk nie sulke vergelykings waardig is nie.

Hy het gesê: “Indien enigiets, is dit vir hulle ’n kompliment! Ek is soos Michelangelo. Want ek is die nuwe weergawe daarvan. Dit is ’n werklikheid. Ek leef in ’n droomwêreld.”