north-west-1

Die 33-jarige werklikheidster het die kiekie van haar ses maande oue dogter, wat aan ’n wit kombersie kou, op Instagram gedeel en onderaan geskryf: “Glimlag.”

Die foto is een van net ’n hand vol kiekies wat Kim gedeel het sedert North in Junie gebore is omdat haar verloofde, die rapper Kanye West, uiters beskermend oor sy dogter is. Kim is gister in Beverly Hills saam met haar baba en suster Kourtney en dié se 17 maande oue dogter, Penelope, op ’n inkopietog gewaar.

Vriende het intussen gerugte afgemaak dat hul suster Khloé en die bofbalspeler Matt Kemp ’n paartjie is. Khloé is Vrydag enkele ure nadat sy haar vervreemde man, Lamar Odom, om ’n egskeiding gedagvaar het, op pad gim toe saam met Matt gekiek, maar bronne hou vol hulle is net vriende.

Iemand in die binnekring het aan People.com gesê: “Hulle is net vriende en is al vir ’n lang ruk vriende. Khloé se hart is gebreek (oor Lamar) en om met iemand anders uit te gaan, is die laaste ding waaraan sy nou dink.”