SIEN NOG FOTO'S ONDER

Maak hulle dalk reg vir ’n spogtroue dié naweek? Die rapper en die werklikheidster wil niks verklap nie, maar daar het ’n hele spul mense saam met hulle Parys toe gekom, insluitend Kim se ma, ouma en susters.

In Italië sê die kantoor van die burgemeester van Florence die paartjie gaan Saterdag trou en die onthaal in ’n fort daar hou.

In Frankryk sê woordvoerders van die Kasteel van Versailles die paartjie en hul gaste gaan Vrydagaand daar ’n spesiale besoek kom aflê.

’n Woordvoerder vir die Kardashians, Ina Treciokas, het geen kommentaar gehad nie.

Kanye het Kim op haar 33ste verjaardag die jawoord gevra. Hy het ’n stadion in San Francisco gehuur vir die geleentheid.

- Sapa